Leer Sepedi praat in Pretoria!

Nuut: Sepedi lesse vir u direkteure en werknemers

Klasse kan ook aangebied word vir korporatiewe kliënte by u kantore of lokaal van keuse.

Ek bied ook afstandsonderrig aan deur die aankoop van klankbane of videos van die lesse, of die bywoon van kursus deur middel van Skype.

Dit is vanselfsprekend dat dit uiters voordelig is om 'n plaaslike inheemse taal te praat in hierdie mooi land van ons. Daarom is dit nodig om die taal te leer van die omgewing waarin jy bly of werk, sodat jy jouself kan handhaaf, jou regte kan uitoefen en beskerm en vriendskappe kan smee met mense van ander etniese groepe. Daarom nooi ek jou uit om Sepedi by my te kom leer!

In Pretoria, Noord-Gauteng, dele van Noord-Wes Provinsie, Mpumalanga en Limpopo praat baie mense Sepedi, wat ook bekend staan as Noord-Sotho (Sesotho sa Leboa). Dit is 'n pragtige taal, ryk aan beeldspraak en 'n magdom idiome. As jy Sepedi kan praat, kan jy egter ook gemaklik kommunikeer met ander Sotho groepe, naamlik die Basotho en die Batswana. Die Basotho woon hoofsaaklik in die Vrystaat en Lesotho en hulle praat Suid-Sotho (Sesotho sa Moshoeshoe of Seshoeshoe). Die Batswana woon in die Noord-Kaap, dele van die Noord-Wes Provinsie en in Botswana. Die taal wat hulle praat is Setswana. Met jou Sepedi kan jy dus in 'n groot deel van Suider-Afrika met die mense oor die weg kom! Dit is egter nie maklik vir enige volwassene om 'n nuwe taal te leer nie en veral 'n inheemse taal is moeilik om te bemeester. Daarom neem dit nie drie of ses maande om Sepedi te leer nie, maar drie jaar of selfs meer, as jy die taal goed wil praat. Na sowat 'n jaar behoort jy egter al basiese gesprekke te kan voer in die winkel, op straat, by die vulstasie en waar jy ookal mag gaan. Hierdie is egter geen waarborg nie en dit hang natuurlik ook af van jou natuurlike aanleg vir tale en veral jou eie insette en harde werk. Gereelde klasbywoning is 'n vereiste. Dan verg die kursus ook dat jy elke dag ongeveer 25 minute of meer moet spandeer om jou woordeskat en jou sinne wat ons gedurende die lesse gedoen het te memoriseer en te hersien. Ons het baie pret in die klas en almal geniet dit! Dit is dus 'n groot uitdaging en jy moet daarvoor kans sien en gemotiveerd wees voor jy begin. Dit is 'n wonderlike voorreg om 'n inheemse taal te kan praat en as jy hard werk gaan jy eendag Sepedi praat en glo vir my, jou lewenskwaliteit gaan ongelooflik verbeter. Daar is geen twyfel daaraan nie.

Laat ons begin!

Lees meer...Wys minder...

Hoekom Sepedi?

  • Verbeter jou lewenskwaliteit in Suider-Afrika;
  • Handhaaf jouself en maak 'n verskil;
  • Ontdek 'n nuwe wêreld van ander etniese groepe wat jy voorheen nie geken het nie;
  • Maak nuwe vriende!
  • Maak 'n verskil in jou en andere se lewens.
Mopedi seuntjies, Tšhikanoši - Mopedi boys, Tšhikanoši
Izak Geldenhuys
Students hard at work - Studente hard aan die werk
Malope

Belangrik

  1. My naam is Izak Geldenhuys, en ek bied Sepedi klasse aan by my huis in Groenkloof, soos aangedui by die adres hier langsaan;
  2. Die klasse is gerig op volwassenes;
  3. Klasse is een maal per week gewoonlik vanaf 17h00-18h00 of vanaf 18h00-19h00;
  4. Kursusfooie is R700,00 per maand per persoon, ongeag enige vakansiedae. Daar is 'n registrasiefooi van R1200,00 en 'n bedrag van R690 betaalbaar onderskeidelik vir admin en vir 'n volledige handboek van 551 bladsye, waarna ek hieronder verwys. Kursusfooie is betaalbaar maandeliks vooruit. Ek lewer Desember geen rekening nie en skoolvakansies sluit ons;
  5. Klasse word aangebied in Afrikaans, maar die studiemateriaal is in Afrikaans en Sepedi of Engels en Sepedi en ek verduidelik ook volledig in Engels as dit nodig is;
  6. Hoewel ek Sepedi vlot kan praat, word ek ook tydens die klas bygestaan deur 'n Mopedi ('n moedertaal Sepedi sprekende persoon). Lesings word prakties aangebied en studente word in die klas daaraan blootgestel om te reageer op vrae in Sepedi en dit dan te antwoord in Sepedi;
  7. Ek het my eie handboek geskryf en dit bestaan 551 bladsye van grammatika, voorbeelde, woordeskat, oefeninge, kortverhale oor alledaagse situasies, idiome en fabels asook 'n woordeboek van meer as 5000 woorde. Ons werk gestruktureerd uit die boek. Baie ekstra woorde, frases en sinne word in die klas gegee wat nie in die boek voorkom nie, omdat Sepedi so omvattend is.
  8. Afstandsonderrig vir diegene wat ver van Pretoria af bly, is ook moontlik, byvoorbeeld deur die aankoop van klankbane of videos van die lesse, of die bywoon van die kursus deur middel van Skype.

Kontak my:

Izak Geldenhuys

Wenningstraat 98 Groenkloof Pretoria Suid Afrika

Sel: 082 554 4879

Stuur 'n
E-pos
Vind ons op Google Maps
Maak toe

Stuur 'n E-pos

Voltooi asseblief alle velde hier onder:


Maak toe